S (Voormalige Moslem)

From WikiIslam, the online resource on Islam
Revision as of 17:54, 16 December 2014 by Sahab (talk | contribs)
Jump to navigation Jump to search
Die is 'n getuienis van 'n Moslem wie Islam verlaat. Sienings bevat in die getuienisse is nie noodwendig goed gekeur deur WikiIslam nie.
  
S
Personal information
Country of origin    South Africa
Error creating thumbnail: Unable to save thumbnail to destination
Gender    F
Age    27
Faith Information
Current worldview Hinduism
Born or convert to Islam? Born into Islam
Parents' worldview Islam

Getuienis van die verlating van Islam

Ek was gebore in ‘n Moslem familie. Ek het gebid, gevas, Eid gevier, ek het Halal kosse geët en my pa het nooit Vrydae gebede gemis nie ens. Ek het geglo in Islam, alhoewel ek nooit geglo het dat dit die enigste pad is nie (dit het my seker nie rêrig ‘n Moslem gemaak nie; aangesien Moslems glo hulle is die uitverkorenes). Daar was te veel vrees in Islam.

Ek het altyd ‘n goeie verhouding met God gehad en het altyd sy teenwoordigheid in my lewe gevoel. My kinderdae was onstabiel en ek het altyd diep gedink oor die betekenis van die lewe. As tiener het ek die Engelse Koran begin lees maar daar was niks op geesetelikheid daarin nie, maar baie inligting oor hoe om fisies jou lewe te lei, wat om te doen en nie te doen nie.

Dit was toe dat my soektog begin het. Ek het nog steeds die rituele gedoen terwyl ek kop gebreek het oor hoekom dit toelaatbaar is dat ‘n man sewe vrouens kan hê? Hoekom dit reg is om moord te pleeg in die naam van Islam? Hoekom sommige Moslems glo dis verkeerd om te drink maar dat rook fyn is, en hoekom mense wie vas aanhoudend daaroor kla, maar dit nog steeds doen? Toe ek my pa en ander ouere mense vra het hulle net gesê ek moet nie vrae vra nie en net geloof hê (imaan). Sê op die Shahada: Ek getuig dat Allah die enigste God is en dat Mohammad sy boodskapper is en glo dit.

Ek het my ou, wie ‘n Hindoe is, op die ouderdom van 18 ontmoet. Ek het vanselfsprekend aanvaar dat hy die Islamitiese geloof sou aanneem as ons sou trou, net soos wat andere gedoen het wie in ons familie getrou het. My ouers het dit ook so aanvaar en nie ‘n saak daarvan gemaak nie.

Met die verloop van tyd het ek besef dat my ou gelukkig was as ‘n Hindoe en dat ek ongelukkig was as ‘n Moslem en tog wou ek hê hy moes die Islamitiese geloof aanneem! Hoekom? Ek het self nie eers daarin geglo nie. My familie het begin foute soek toe hulle besef dat hy nie daarin geïntereseerd is om die Islamitiese geloof aan te neem nie. Die ding is net daar was nie baie dinge waarna toe hulle kon vinger wys nie. Hy is ‘n vegatarieër, ‘n nie-roker en nie-drinker en was nog altyd vriendelik, behulpsaam en het respek getoon. Familielede het altyd gesê: ‘’Hy is so ‘n ordentlike mens. Dis ‘n jammerte hy is nie ‘n Moslem nie.’’

Teen die tyd het ek begin werk en op my eie gebly. Alhoewel my ouers geen formele houvas op my gehad het nie, het hulle altyd sagkuns geïnsinueer dat ek hel toe sou gaan as ek ‘n nie-Moslem sou trou. Aangesien ek nie meer by die huis is nie, en dat ek niemand hoef te sê waar ek is nie, het ek ander godsdienste begin ondersoek. Ek het Hari Krishna en Sufi tempels en kerke besoek. Ek het boeke oor godsdiens begin lees. In die tyd was ek gedurig in ‘n toestand van verwarring. Ek het vir die perfekte leef wyse gesoek. Ek het struktuur nodig gehad. My ou het in God geglo maar het nie rituele gevolg nie. Hy het geglo om volgens jou gewete te leef. Op daai tyd kon ek nie die konsep snap nie.

Ek het my eie reëls en dit waarin ek glo ontwikkel met die verloop van tyd en het besef jy doen die regte ding wanneer jy innerlike vrede het. Nou is dit 10 jaar vanaf die dag wat ek my ou ontmoet het. Ek bid saam met hom voor die lamp, lewe volgens my gewete en het ‘n sterk band met God. Ek vas en bid nie na Allah nie en glo ook nie in ‘n pelgrimsreis na Mekka toe nie. My ouers is geskei. Ek het my ma gesê hoe ek voel oor godsdiens en Islam en sy het haar kontak met my verbreek. My pa lewe in ontkenning en alhoewel ek hom nog nie direk gesê het nie omdat ek te bang is vir die uitkoms daarvan, weet ek dat hy weet. Huidiglik werk ek oorsee en is dit maklik vir my om myself te wees sonder enige godsdienstige tierlantyntjies. Ek weet dat wanneer ek my pa sê sal hy geen keuse hê as om homself van my te distansieer want dit is wat die gemeenskap deskundiges van hom verwag.

Binnekort sal dit onmoontlik wees om weg te steek omdat ek wil trou en kinders hê en ek will defnitief nie hê my kinders moet Moslem wees nie; en ek is so moeg van voorgee. Ek is lief vir my familie maar voel ongelukkig oor hulle vreemde persepsie van ‘n God wie aandring dat hulle niks met hulle dogter te doen hê as sy wegdraai van Islam. Ek voel nie haat of woede omdat ek eens ook ‘n Moslem was en weet dat as jy eers geïndoktrineer was met Islam, volg jy haar reëls blindelings, tensy jy bereid is om vreesloos te wees en jou gedagtes oop te maak vir nuwe moontlikhede.

Selfs nou kry ek die gevoel dat ek eendag gestraf gaan word omdat ek Islam verlaat het, maar dan vee ek net daai gedagte weg omdat ek weet dit is ‘n produk van my opbrengs en nie die persoon wie ek vandag is nie. Ek is dankbaar vir die webtuiste wie my laat besef het dat daar andere is wie hulle ware identiteit onderdruk; ongelukkig bly die meerderheid van hulle in Moslem lande wat hulle situasie moeiliker maak.

Ek is dankbaar vir die Here wie my ‘n vrydenker gemaak het en vir my ou se leiding wie my gebring het tot die nuwe vryheid. Ek haat nie Moslems nie( ek het heelwat goeie Moslem vriende). Ek haat niemand nie. Ek is net ongelukkig omdat daar mense soos ek is wie soveel uitdagings moet verduur net sodat hulle hul self kan wees.



Error creating thumbnail: Unable to save thumbnail to destination
Add Your Testimony | Other Apostates | Core Article | Qur'an, Hadith & Scholars | Resources | Helpful Hints