WikiIslam:Sandbox/Temp page for Afrikaans: Difference between revisions

Jump to navigation Jump to search
moving to temp page
m (Blanked the page)
(moving to temp page)
Line 1: Line 1:
:For [[:Category:Afrikaans]]


:Example at: [[ExMuslimgirl_-_Voormalige_Moslem]]
==[[Waterlily - Former Muslim]]==
Getuienis van die verlating van Islam
Dit het alles begin met ‘n eenvoudige vraag op die ouderdom van 8: ‘As Allah ons geskep het, wie het dan vir Allah geskep?‘ My ma was geskok deur die vraag en het dit nie verwag nie, maar het dit goed hanteer. In plaas van dat sy my slaan of straf, sê sy ek het dieselfde vraag gevra toe ek jou ouderdom was en dat sy geen antwoord vir my het nie behalwe dat Allah alomwetend is. Jy beter nie te veel wonder oor dinge waarvan jy nie weet nie want dit mag dalk jou wegly van die regte pad. ‘Volg net vir Allah soos hy ons beveel. ‘ Haar antwoord was voldoende vir daai tyd omdat ek nie veel daaraan gedink het agter na nie. Teen daai tyd het ek ‘n swart mantel begin dra omdat ek vinniger ontwikkel het as my maats. Ek moes my liggaampie weg steek van die honger oë van mans wie 3 keer ouer as ek was. My fiets was van my weg geneem en ek kon nie met die ander kinders in die buurt speel nie. My ma het probeer om my die tipe drag te dra wat my hele gesig toe maak maar my ouer suster het gesê dat as ek dit sou doen sal my kinderdae oorwees en ek het probeer om vas te hou aan dit wat nog oor bly.
Jare daarna het ons verhuis na ‘n meer konserwatiewe stad in Saoedi-Arabië en ek moes toe ‘n meer konserwatiewe Hijab dra. Daar het op gewende seksuele jeugdiges na homoseksualiteit gedraai omdat interaksie tussen die twee geslagte feitlik nie bestaan het nie. Ek was ook seksueel geteister  (mondelings en fisies) in die publiek omdat ‘n vrou wie die huis verlaat het veral sonder ‘n manlike opsigter is ‘n hoer en verdien wat oppad is na haar toe. Dit is een van die hoof redes hoekom vrouens nie in die koninkryk bestuur nie. Daai stad het my hard gemaak teenoor Islam alhoewel gedeeltes van my nog steeds geglo het in Allah.
Alhoewel ek probeer het het ek nooit op tyd gebid nie maar het altyd geglo dat Allah weet ek is ‘n goeie mens. Ek het nooit probeer om mense seer te maak nie en ek is lief vir diere en die natuur. Ek het nooit wraak geneem op mense wie my seer gemaak het nie. Ek het nooit verstaan hoekom Allah gebede in ‘n robotiese manier en herhaalde verse  verkies i.p.v. goeie werke of gebed. Ek kon nie konsentreer terwyl ek bid nie en het gebid na Allah sodat hy my kon lei en my krag gee om Islam te volg. Ek het gebid om lief te wees vir die Koraan en om dit te memoriseer maar my gebede was onbeantwoord.
My haat vir godsdiens het gegroei toe ‘n geliefde familielid van my in die hospitaal gelê het en moes wag op haar man se handtekening  sodat sy behandeling kon kry. Ek het gebid soos nog nooit van tevore nie. Ek het om verskoning gevra vir Allah vir my gebrek aan toewyding en het belowe om my gebede te behou as sy beter word. Ek het gehoop vir ‘n wonderwerk, sy was ‘n toegewyde Moslem en hoekom kon sy nie ‘n wonderwerk kry nie en sy was een van die wonderlikste mense wat ek nog ooit ontmoet het. Maar sy het gesterf omdat sy moes wag op ‘n verdomde handtekening wat sou gemaak het dat sy behandeling kon kry! Ek kon nie verstaan hoekom Allah dit toe gelaat het nie. Ek het probeer dink dat sy in ‘n beter plek is maar ek kon nie die feit oor sien dat haar dood is a.g.v. manlike chauvinistiese redes wat deur godsdiens gekweek is. Vrou mense, wie ten spyte van  menstruasie, kind dra, geboorte skenk, hormonale veranderinge, om  ‘n minderjarige te bly vir die res van ons lewe, die druk van om beskeie te bly,  om ons mans se seksuele behoeftes te bevredig en om lojaal te bly teenoor mans wie 3 meer vrouens  kan hê en talle seks salwe en nog steeds is ons in die meerderheid in die hel.  Ek het aan myself gedink as een van die gelukkiges wie hemel toe gaan maar selfs daar moet ek die veelwywery van my liewe hemelse man aanvaar want hy is 4 vrouens toe gelaat en talle maagd-slawe.
Ek het my wrok teen godsdiens terug gestoot want ek was nog nie gereed om op te gee op godsdiens nie en het meer begin lees oor die Koraan, Hadith en stories oor Islam. Ek het gesoek vir antwoorde en ander meer gematigde opinies oor Islam omdat die  Saoedi weergawe het dit nie vir my gedoen nie. Toe word ek een van die oop Moslems wie geglo het dat Islamitiese interpretasie was verdraai deur verkrampte skoliere en dat Islam die godsdiens van vrede is.  Ek het begin om godsdiens te bespreek met andere, veral ateïste. Ek het gedink ek het elke argument gewen maar toe ek self een word het het ek besef dat hulle op gegee het met my. Ek het geglo dat die meeste van die Hadith verkeerd was en was geskryf en versamel deur mense na die dood van die profeet. En, ek het besef dat die profeet wou nie hê iemand moes sy Hadith skryf nie. Dit was my laaste uitweg. Ek was ongelukkig in die tuin van onkunde todat ek godsdiens met my jonger broer begin bespreek het.  Ek het hom my siening oor die Hadith gegee en hy het beantwoord ‘hoe kan ons dan weet of die Koraan werklik die woord van God is?‘ Ek het hom gevra wat hy daarmee bedoel. Hy het beantwoord deur te sê dat die Koraan 2 keer versamel  is na die profeet se dood en hoe weet ons nie dat dit mee gepeuter is nie. Ek het probeer koel bly en beantwoord dat Allah het gesê hy sal dit beskerm. Dit was ‘n eenvoudige vraag maar het dit het my hele bestaan geskud. Ek het naar en duiselig gevoel toe ek die huis verlaat het met ‘n klomp vrae wat in my kop ontplof het, hoekom was die Koraan 2 keer versamel? Was die eerste keer nie genoeg nie? Hoekom het Uthman Ibn Affan alle kiopieë verbrand behalwe een. Hulle beweer die Koraan was geskryf in verskillende aksente, maar hoe kan ons seker wees dis net die aksente wat verskil?
Nog ‘n skok is toe ek besef het dat daar nie ‘n vers in die Koraan is oor steniging nie maar wel in die Hadith wat stel dat daar was wel ‘n ayah maar Omar Ibn Alkhatab het dit nie by gevoeg nie omdat hy bang was mense sou hom daarvan beskuldig het dat hy die Koraan verander! So as daar rêrig ‘n ayah was beteken dit dat die Koraan nie deur Allah beskerm word nie en kan mee gepeuter word! Die skokke het aanhoudend gekom toe ek geleer het dat die profeet selfmoord wou pleeg, die moord op mans van ‘n hele Joodse stam, die profeet se voorval toe hy met ‘n slaaf meisie geslaap het (Maria) in een van sy vrouens se bed (Hafsa) en trou met ‘n vrou (Saffiya) dae nadat haar pa en man deur Moslems dood gemaak is. Ek het toenemend gewalg soos wat ek meer oor godsdiens geleer het en het meer deur die leuens begin sien wat ons aan ons self vertel. Dat Islam is die godsdiens van vrede. Hoekom kan ons dan nie vrede in die verlede sien of huidiglik nie!!! Hoekom is vrouens minderwaardig in elke aspek van die lewe en na die dood maar tog word ons verantwoordelik gehou vir elke klein ding wat ons doen. Hoekom slaan ons kinders om soos robotte te bid alhoewel spiritualiteit nooit geforseer moet word nie. Hoekom vas ons vir lang ure gedurende Ramadan en ignoreer wetenskaplike feite dat ons meer gereeld moet eet gedurende die dag om ons gesondheid te behou?
Ongelukkig kan ek nie my onlangse verandering in my uitkyk bekend maak nie omdat ek met ‘n Moslem man getrou het vir wie ek baie voor lief is. Toe ons eers ontmoet het het ons gematigde oogpunte gehad maar dees dae beweeg hy meer na godsdiens terwyl ek weg daarvan beweeg. Hy sal nooit die feit aanvaar dat ek op gehou glo het in Allah, so of ek moet aanhou voorgee, of hom sê en toe laat dat ons huwelik uit mekaar val.
==[[Anil (former Muslim)]]==
{{apostate-top|source=rd}}
{{apostate
| apostaat = Anil
| landvanoorsprong = Turkeie
| Geslag = M
| Ouderdom = 25
| geboremoslemofbekeertot = gebore
| huidigegeloofstelsel = Onbekend
| verlaatislamopouderdomvan = 25
| ouerssegeloof = Islam
}}
Getuienis van die verlating van Islam
Ek was gebore op die 26ste Julie, 1984, as ‘n kind van Moslem ouers. Ek was ‘n gelukkige kind want beide my ouers was uiters godsdienstig nie. Ek was op ‘n godsdienstige manier groot gemaak. Die enigste iets wat ek van hulle gehoor het vir ‘n naam vir godsdiens is dat dit snert is wat deur ouer mense opgemaak is. Ek was godsdienstig in teen stelling met my ouers. Ek was gesien as ‘n goeie voorbeeld in my gemeenskap. In my tiener jare het ek stukkies van die Koraan begin lees en begin vrae of dit ‘n leuen kon wees; dat Islam die beste godsdiens in die heelal is. Daar was logiese foute (ek weet die 2 –logies en fout-gaan nie lekker saam nie maar sal verduidelik hoekom ek die 2 saam gebruik)tussen die Koraan en komentaar gemaak deur teoloë.
Een van die logiese foute was oor Engele. Volgens die teoloë is Engele bonatuurlike wesens wat deur God geskep is om hom te dien. Hulle is naïef en weet van niks behalwe om heel dag vir God te prys nie. So, ‘n mens kan van hulle verwag om aannaames te maak nie wat hulle in nie daar toe in staat nie. Interessant genoeg, in die Koraan staan daar toe God hulle gesê het hy gaan ‘n nuwe wese skep vra die Engele hom beswaarlik: ‘‘Gaan jy ‘n nuwe wese skep wat probleme gaan skep en bloed gaan stort in die wêreld?‘‘ is dit nie ‘n aanname nie? Hoe kan hulle dit doen as hulle nie die kapisiteit het daarvoor nie?
Tweedens, Islam het ‘n siek opvatting van wat lot is. Volgens Islam, al die gebeurtenisse wat ‘n mens sal ondervind in sy leeftyd is by geboorte op sy voorkop geskryf.  Verskeie vrae kom na vore:
1. As al my lewens gebeurtenisse vooraf besluit is, hoekom sal Allah my oordeel na my dood? Hy weet al klaar wat ek gedoen het, selfs voor my geboorte; het hy ‘n bietjie vermaak nodig?
2. Hoekom bestempel ons sommige mense as goed en andere as boos? Hulle lewens is al klaar uit gemaak deur Allah. Hoekom oordeel ons die mens i.p.v. die skrywer?
3. Hoekom moet ek dood gemaak word as ek egbreek, iemand dood maak, het homoseksuele seks? Die onsigbare skrywer het my daai rolle gegee!
4. Hoekom moet ek die skrywer aanbid as hy my ‘n moeilike rol gee genaamd ellende? Moet ek dankbaar wees teenoor iemand wie my opsetlik seer maak? Nee. Wat is so spesiaal van daai onsigbare wese?
As gevolg van daai siek opvatting sien jy nie Islamitiese lande maak einige vordering in die wetenskap en geesteswetenskappe nie. Hulle praat nie en tree nie op teenoor hulle goewerneurs nie want hulle dink God gaan hulle beloon in die hiernamaals.
Die 3de punt wat gemaak het dat ek my geloof verloor het is die leuen dat almal gelyk is in Islam. As almal gelyk is, hoekom is dit net vrouens wie hulle gesigte moet toe maak en by die huis moet bly om kinders groot te maak? Hoekom kan ‘n enkel man gespaar word van die dood deur steniging na sy eerste seks-buite-die-huwelik, maar dit geld nie vir ‘n vrou nie? Hoekom is dit genoeg dat ‘n man kan optree as ‘n getuienis maar met vrouens moet daar 2 wees? Hoekom kry vrouens minder van ‘n erfporsie van haar pa terwyl mans meer kry? Hoekom kan vrouens nie na die Moskee toe gaan nie?
Die is ‘n paar redes hoekom ek my geloof in Islam verloor het.
==[[Washikur - Former Muslim]]==
Washikur (Voormalige Moslem)
Getuienis van die weg breek van Islam
Ek was gebore en groot gemaak in ‘n Moslem familie. Soos ander Moslems is ek groot gemaak dat Islam die enigste aanvaarbare godsdiens is en dat slegs Moslems hemel toe sal gaan. Ek was ook geleer om mense van ander godsdienste en ateïste te haat. My ouers, familie, bure, Moslem onderwysers en amper almal het dieselfde oogpunt gehad. Daar is weinig einige sekulêre Moslems. En die wel sekulêr is is genoem 'Murtad' (iemand wie Islam verlaat het) al is hy / sy godsdienstig.
Ek het diep in Islam geglo voor my 18de verjaarsdag. Ek het 5 dae ‘n dag gebid. Maar daai tyd het ek nie die Quran en Hadith gelees nie. Een dag toe praat ek met een van my gunsteling godsdienstige rekeningkunde onderwysers, wie altyd studente aangemoedig het om godsdienstig te wees, oor een van die top fundamentalitiese partye wie teen Bangladesh gestaan het in ons 1971 bevrydings oorlog  van Pakistan. Die meeste van die top leiers van die party is beskuldig van volksmoord, massa verkragting, vandalisme met die Pakistanse weermag om die sogenaamde Islamitiese land van Verenigde Pakistan te verdedig. Ek het my onderwyser gevra hoe einige een sulke misdade kan pleeg in die naam van Islam. My onderwyser het beantwoord dat die verkragting van vrouens van ander godsdienste nie ‘n misdaad is gedurende oorloë nie.
Dit was skokkend vir my dat my onderwyser studente kon sê dat verkragting toelaatbaar is in Islam. Ek kon nie reageer op my onderwyser nie maar myself belowe dat ek meer oor Islam gaan leer, en as dit wel so is, gaan ek Islam verlaat. Toe begin ek die Koraan, Hadith en ander boeke te lees. Daar was baie meer daarin as wat ek myself kon verbeel het. Ek het gou besef dat niks in die tekste deur ‘n almagtige god kon gesê gewees het nie, of selfs ‘n edel mens nie. EK het gewonder hoe verkeerd ek is en hoe verkeerd die meeste Moslems nog steeds is. Toe begin ek lees oor ander godsdienste, filosofieë, geskiedenis, wetenskap en besef  dat daar nie ‘n God is nie. Ons is die skepping van die natuur.
==[[ArabSagan - Former Muslim]]==
Getuienis oor hoekom ek Islam verlaat het
Ek was gebore in ‘n middel-klas Morokaanse godsdienstige Moslem familie.  My geloof in Islam was gebou op skool en by die huis en dit was altyd die blinkkant van Islam wat aan ons opgehou was. Ek het die swak kant van Islam later geleer t.o.v vrouens, geweld en ‘Jihad‘ ens. Maar dit was nie dit wat my laat opgee het op my geloof nie. Ek het gedink soos enige ander Moslem, as God so gesê het, dan moet dit reg wees. Dit het my idees geskud en gemaak dat ek bevraagteken dit waarin ek glo.
Tot op daai punt,  die grootste ding waarin ek geglo het was die wonderwerke in die Koraan (wetenskaplik en mondelings) wat oral geleer was by die skool, op die internet en Moskee. Ek het nooit geweet dat die dat daar teen bewyse is vir die wonderwerke nie. En elke keer wanneer ek getwyfel het oor die Koraan het ek ge Google oor wonderwerke van die Koraan, maar al die webtuistes op die eerste blaai is propaganda wat my laat my twyfel terug trek. Maar nadat ek Neil De Grasse’s se Kosmos gekyk het, het ek besluit om ernstig te fokus op die onderwerp.
Ek het die geskiedenis van alle godsdienste bestudeer en nie net die Abrahamitiese godsdienste nie. In Islamitiese lande het jy die perspektief dat die wêreld se bevolking oorwegend Moslem is (Moslems is 23% van die wêreld bevolking) en die res mense van die boek is, ‘n paar Hindoes en ‘n paar honderd ateïste en ek het gedink (soos ek op skool geleer was) dat in Islam selfs nie-Moslems nie hell toe gaan nie en was nooit gesê dat nie-Moslems (meer as 75% van die wêreld se bevolking) tot die Hell toe veroordeel is in Islam. Om weg te breek van daai valse oogpunt  was ‘n groot stap.
Toe begin ek teen-bewyse van die Koraanse wonderwerke te analiseer. Ek het dit in die Franse taal gesoek en die inhoud was power. Vir die eeste keer het ek my toe gelaat om ‘scientific errors of the Quran te google (Omdat as ‘n Moslem om selfs so iets te dink voel soos sonde). Ek het op Wikipedia ‘n lang blaai gekry vol insig vir my navorsing. Ek het lank gelees in albei kante van die beweringe, verskonings en teen-verskonings en besluit dat Islam ‘n mens gemaakte godsdiens is. Nou definieer ek myself as ‘n Agnostikus aangesien ons geen bewyse het daar ‘n opperwese bestaan of nie bestaan nie. My ouers en vriende weet nie van waarin ek nou glo nie en sal hulle nie sê nie todat ek finansieel self onderhoudend is nie.
==[[Ahmed - Former Muslim]]==
Getuienis van verlating van Islam
Dit was onrusbarend.  Menige aande moes ek my in my kamer toesluit om die honde van my weg te hou.  Dit was ondraaglik. Ek kon dit nie hanteer nie. Vir 17 jaar het ek onder ‘n klip gelewe, my gevoelens en gedagtes onderdruk in ‘n diep donker grot. Somtyds het ek my verbeel hoe ek op hulle skree, die waarheid bevry vanuit die blik. Maar ek het altyd geweet ek kon nie myself bring tot dit nie. Ek het geweet daar sal ernstige nagevolge wees. En wat nog meer belangrik is dat ek so besig was hier op aarde dat ek nie tyd gehad het vir aanhoudende konflik nie.
Alles het ‘n begin…
Dit het alles begin toe ek 10 jaar oud was. Ek was ‘n stil seuntjie wie my plek geken het en sommige mense het my daarvoor geprys, alhoewel ek nooit verstaan het hoekom hulle dit moes doen nie. Ek het my familie gehaat. Ek het dit gehaat hoe my pa my behandel het. Ek het dit gehaat hoe my broers en susters geskel het. Ek het dit gehaat hoekom ek sommige dinge nie kon doen nie omdat dit as ‘Halal‘ gesien was in Islam. Ek het dit gehaat omdat ons 5 keer ‘n dag moes bid. Dit was alles so vernederend en onnodig.  Ek het eenvoudig alles gehaat wat te doen het met die stelsel. Op so ‘n jong ouderdom het ek iets onstellend begin oplet in my.
Ek was gebore in Islam sonder enige twyfel. Dit was nie my keuse nie en nog minder was dit my lot. Die Shahada was in my ore gefluister toe ek ‘n baba was. Van my hare was gesny as baba. En sonder my toestemming het ek klein gedeeltes van my seksuele plesier verloor as gevolg van besnyding.  Ek was gebore in ‘n familie van 8. Ek het groot geword in ‘n ‘’zealous’’ en godsdienstige Moslem familie (of Alim familie soos dit genoem word). My susters het sonder om te bevraag die hijab gedra en gebede en aanbidding onstellend ernstig op geneem. In my kinderjare was ek ‘n stouterd en ‘n waaghalsige en skelimrige dwaas! O genade, ek moes sekerlik op Santa se stoutely lys gewees het, verseker! Ek het my gebede verwaarloos, ek het dit as onnodig gevind en dit was defnitief ‘n vermorsing van my kosbare tyd en fokus. Maar meer belangrik, ek was uiteindelik onrustig deur die baie aanval en bakleiery wat ons altyd gehad het.
Toe ek 10 jaar was het ek besluit om op te gee. Ek het eerlik waar genoeg  gehad van al die bakleiery, geskellery en die onnodige konflik. Ek onthou nog die tye toe my ma verse opsê om almal te kalmeer. Wel eerlik waar dit het nooit gewerk nie. Ek draai my kop skuins in verbasing. Wanneer okal iets verkeerd gaan,  sluk hulle die naam Satan en begin opsê Koraanse verse met die hoop dat dit  die die situasie sal suiwer van die boosheid war deur die duiwel gegenereer is. Wanneer hulle okal kwaad is en hulle gevoelens will onderdruk, begin hulle Koraanse verse aan hulle self te murmureer. Ek het twee dinge ontdek wat verkeerd is hiermee: eerstens, dit werk eindelik nie. Nie –teïste kan dit maklik oorkom, hoekom dink jy dis die beste, alhoewel dit die enigste pad is? Tweedens, om die duiwel te blameer vir jou trots en verkeerde besluite is heeltemal VERKEERD in die eerste plek. Jy is alleenlik verantwoordelik vir jou aksies en woorde en geen graad van dwang is nodig daarvoor nie. Ek het op gegee.
Ek het skynheiligheid geruik. En dit het ook nie net tuis gebeur nie. Ek het dit orals gesien. Moslems wie baklei, rug steek, skinder, blameer, knorrig, kwaad, hartseer, selfmoord neigings, jy noem dit en hulle het dit. Hokaai. Ek probeer nie sê ek wil hê alle Moslems moet perfek wees nie. Nee, nie in ‘n miljoen jaar nie. Wat ek wou sien is Moslems wie Moslems is. Ek het die korrupsie gesien  in elke gelowige Moslem wie ek ontmoet het,  en dit het my laat dink: as jy gou is om goeie ding te doen, goeie werke, en bid omdat jy hemel toe will gaan en die flamme van die hel ontsnap, maak dit jou bedoelinge verkeerd in die eerste plek? Jy het nie ‘n rede nodig om goed te doen nie. Jy hoef nie te weet van ‘n beloning om goed te doen nie. Jy doen goed omdat dit die regte ding is om te doen as mens.
Die swerwer, soekend, verlore, die gedoopte kind
Soos wat ek rond geswerf het op die aarde as ‘n 10 jarige vry denker, het ek die Bybel gelees, na verskeie kerke toe gegaan, en wat ek ontdek het is die Bybel leer vrede en liefde baie meer as die Koraan of  Hadiths (Koraan en Hadiths praat gereeld van geweld en dood maak van nie-gelowiges,  beledigers, heidene,  Jode en Christene [ ja, hulle praat ook van goedheid en vriendelikheid]). Maar dit beantwoord nog steeds nie my vraag nie. Alhoewel die Christelike geloof liefde leer, het ek gevoel die Bybel maak minder sin as die Koraan in terme van geskiedenis, stories of vorige profete. Ek wou nog steeds geweet het of daar rêrig ‘n God daar bo was.
Maar, teen die ouderdom van 13 het ek terug gekeer na Islam, bely, en het ‘n uiters toegewyde Moslem geword (ek berou dit nie nou nie omdat dit my help besef hoe belaglik ek was). Ek was verlief op God. Ek het so na aan God gevoel. Dit het so werklik gevoel. Ek het rêrig sy teenwoordigheid gevoel. My gbede was opreg en kon voel hy hou my dop. Saans het gespook teen Christene en Ateïste (‘n patetiese poging van my kant) om te bewys dat Islam die hoof godsdiens is. Briesend het ek hulle gedreig en veroordeel omdat hulle nie in MY God geglo het nie. Ek het elke sin van menslikheid vergeet toe ek Islam verlaat het. Wat ‘n huigelaar ! En ek was ook nie alleen nie, ek sien deesdae amper elke Moslem dieselfde doen. Tot een aand wat ek gespook het teen ‘n You Tuber onder my kruistog , en ek was gekonfronteer met ‘n kragtige tog sterk vraag: as God ons geskep het, dan wie het vir God geskep?
Ek het my kruistog onmiddellik gestop. En na heelwat dinkery het ek Islam verlaat na ‘n paar weke.
…Net soos wat alles ‘n einde het
Teen daai tyd was ek 17 jaar oud. Ek het my eerste smaaklike gerookte / geroosterde vark ribbe, en wit wyn alles op dieselfde aand gehad (met goeie vriende). Alhoewel ek was nog steeds paranoïes oor die nimmereindigende ou argumente en teenreaksie. Hoekom kon ons nie net eenvoudig en  gelukkig leef nie? Jy kan sê ryk mense wie welgesteld is is die minste gelukkig (en ek en ryk pa [Robert Kiyosaki] glo dit is onwaar in soveel opsigte). Tog het ons geleef in sub-middel tot hoë klas en ons verhoudings met mekaar is net so misluk soos wat ons ander  families  van beskuldig het. Ek het geweet daar was geen God. Maar iets het otbreek: Wat de hel is die punt van die lewe?
Ek was 19 toe ek die huis verlaat het. Ek het by ‘n vriend gebly wie naby die strand gebly het. Ek het gestap omdat ek moeg was vir al die bakleiery. In al my onskuld en kalmte en geduldige leefstyl, was ek nog steeds aangeval (mondelings en fisies) deur familie lede.  Ek het op kragtige materiaal afgekom wat my lewe vir altyd verander het. Laf, dit het my 9 jaar geneem om vas te stel wat die antwoord was op my vraag. Ek wou geweet het hoekom verskriklike dinge gebeur alhoewel mense in god glo. En ek het dit gekry. Die lewe is eenvoudig. Moet dit nie oor kompliseer nie. Bhagavad Gita, Siddhartha Gautama, Existentialism, NLP (Neuro Linguistic Programming), die is al wat ek nodig gehad het om te verstaan hoe teïste werk.
Beide Budha en Hindu romans verduidelik hoe eenvoudig die lewe is, om dit nie te oor kompliseer nie, om liefde te gee,  los te laat van haat of trotsheid. Gelukkigheid kan nie bereik word deur mense wie dit soek nie, want gelukkigheid kann nie gesoek word nie.  Gelukkigheid moet onderskei word, dit moet van binne kom. Eksistensialisme sê vir my daar is geen doel in die lewe tensy jy dit ‘n doel gee nie (om jou doelwitte te bereik, om iets te doen waarvoor jy lief is). NLP het my oë oop gemaak oor hoe die menslike brein werk en hoe die mag van geloof werk in groot wonders. Die gevoel wat ek gehad het toe ek gevoel het ek is na aan God? Die gevoel dat ek ‘n wedersydse verhouding het met hom? Ja, dit was om in iets te glo wat inherent waar is. Wat eindelik is dat jy glo in jou eie leuens sodat jy dink dit het rêrig gebeur.  Dit is ook dieselfde manier hoe toneel spelers  so passievol kan wees in op gemaakte verhoudings op die verhoog.
Ek het terug gekeer huis toe as ’n verskillende mens. Ek was gelukkig. My glimlag het geskitter met lig. En dit het niks te doen gehad met god nie.
Ek wens ek kon jou vertel…
Ongelukkig met die magdom inligting en epifanieë kon ek nie help om onbedoeld daaroor te preek nie. Dis asof ek ‘n teen middel vir kanker ontdek het. Dis asof ek ‘n smaaklike sous ontdek het vir ‘n combo Subway toebroodjie (hel ja dit dit moes Rooi wyn vinaigrette wees). Ek het aanlyn gegaan en teïste gesê hoe dinge rêrig werk en om nuwe en onskuldige  ateïste / agnostici  en skeptici te help en te verdedig. Ek kon nie my familie sê nie. Nee, nie nou nie. Nie wat ek eerstens moet deur gaan nie. En ten spyte van alles voel ek nog steeds alleen. Ja, ek het goeie vriende wie almal ateïste is (almal blykbaar voormalige Katolieke), maar hulle was nooit Moslem in die eerste plek nie. Maar toe ontdek ek mense na aan my was in die geheim lewende, asmehalende ateïste / agnostici, in die geheim; my neefs en niggies. Wat is beter as jou eie weergawe van die waarheid, as ‘n ateïs? Dit is wanneer jy na aan mense is wie dieselfde ding deel!
Alhoewel ek weet al die gebede en aanbidding is nutteloos vir my, moet ek dit nog steeds doen om nie agterdog by my familie te wek nie. Alhoewel ek weet een of twee van hulle is alreeds bewus. Ek het soveel om te doen om na my eie om te sien, maar tot dan, kan ek nie laat my ouers weet nie. Ek weet rêrig waar nie wat my ouers aan my sal doen nie, en is nog nie reg daarvoor nie. Nie todat ek uit die huis is nie. Dit is hard en moeilik. ‘N uitdaging vir my. Maar ek kan enige iets bereik soos wat my nuwe lewe begin.
Hoekom jy nooit  rêrig ‘n teïs se  gedagte kan uitdaag nie.
Dit mag dalk lyk na ‘n aanval op teïste, maar in alle eerlikheid is dit nie my bedoeling nie. Die rede hoekom ons nie hulle gedagtes kan verander om ons stand punt te sien nie is dat hulle so geheg is aan hulle eie waarheid dat dit nie sin sal maak vir hulle nie ongeag wat ons sê. Ateïste glo in ‘n materiale bestaan. Teïste glo in die bonatuurlike. Hulle persepsie van dinge is meer gekompliseerd as ons sin. Moet nie vergeet van die feit dat hulle die wêreld sien as ‘n toets.
Hulle sal niks hier meer ernstig op neem nie as om hulle eintlike doel te bereik nie: paradys. Nog iets waar deur hulle nie kan sein nie is hulle eie trots en ego. In my godsdienstige dae het ek soveel trots gehad soos ‘n dosyn troppe leeus. Ek kon nie laat vaar van my godsdienstige dogma nie omdat ek te trots was om die waarheid te sien wat voor my oë was. Dieselfde ding gebeur met my broertjie.
Autochecked users, Bureaucrats, Editors, oversight, recentchangescleanup, Reviewers, rollback, Administrators
19,746

edits

Navigation menu